Quantcast
Channel: Animal health – ProAgri
Viewing all articles
Browse latest Browse all 35

Vleispryse tel kop op na uitdagende jaar

$
0
0

‘n Lewensbelangrike hoeksteen van Suid-Afrika is die landboubedryf in al sy fasette. In groot dele van die land is veeboerdery die enigste lewensvatbare landbou-aktiwiteit, want sowat 80% van Suid-Afrika se grond is vir niks meer as ekstensiewe weiding geskik nie.

Volgens die jongste veeverslag en landbouvooruitskouing van ABSA het vleispryse wêreldwyd gestyg as gevolg van die wêreldwye ekonomiese herstel. Plaaslik het pryse ook hulle opwaartse trajek voortgesit as gevolg van beperkte voorraad.

As gevolg hiervan, en die verhoogde druk op die insetkoste, verwag ons dat pryse oor die volgende paar maande steeds matig sal styg. Veeboere kan dus meer mededinging op die uitvoermark ervaar, asook hoër insetkoste en verhoogde kommer ten opsigte van biosekuriteit.

Produksie-uitdagings kom voor weens verskeie faktore soos klimaatsverandering en dieresiektes. Bek-en-klouseer is een so ‘n uitdaging wat die bedryf in die gesig staar.

Beesvleis

Die grootste bydraer tot die lewendehawesektor in Suid-Afrika is beesboerdery. In Januarie 2021 het die gemiddelde produsenteprys van klas A2 / A3-beesvleis altesaam met 11,2% gestyg en die B2 / B3’s en C2 / C3’s het onderskeidelik met 10,5% en 13,1% gestyg.

Reënval

Die reënval in die meeste van die beesvleisproduserende gebiede in Suid-Afrika was die afgelope tyd heelwat bo normaal. Die droogte van 2017 tot 2020 het sommige boer gedwing om hulle kuddes te verklein en hulle is steeds besig om te herstel. Dit kan veroorsaak dat die nasionale beeskuddes in die land tydens 2021 uitbrei vanweë die bogemiddelde reёnval wat ons gedurende die somemaande van 2021 ervaar het.

Verspreiding van vleisbeeste in Suid-Afrika

Beesgetalle (insluitend die nie-kommersiële sektor) per provinsie:

Provinsie2020% van total
Wes Kaap467 7313,8
Noord Kaap420 1083,4
Vrystaat2 059 11816,7
Oos-Kaap3 052 01724,8
KwaZulu-Natal2 390 30119,4
Mpumalanga1 241 87510,1
Limpopo862 7527,0
Gauteng243 9212,0
Noordwes1 574 41812,8
TOTAAL12 312 238100,0

Die uitbreek van die koronapandemie het ook ‘n beduidende uitwerking op die beesvleisbedryf in 2020 gehad as gevolg van die uitdagings wat dit vir die Suid-Afrikaanse ekonomie meegebring het. Die inperking het gelei tot die sluiting van eetplekke, die gasvryheidsbedryf as geheel, en ook die sluiting van grense, nasionaal en internasionaal. Dit het gelei tot ‘n skerp afname in die vraag na rooivleis, sodat die aanbod van beesvleis die vraag oorskry het. Die voorspelling vir 2021 is dat die gemiddelde produsenteprys egter relatief hoog gaan bly in vergelyking met 2020.

Skaapvleis

Soos met beesvleis, lei die aanvraag na om skaap- en lamvleis wêreldwyd tot gunstige pryse vir boere. Plaaslik is die pryse ook stewig weens ‘n tekort. Op grond hiervan, asook gesien vanuit die neiging dat pryse gewoonlik gedurende die wintermaande styg, word daar verwag dat die pryse tot Augustus hoog sal wees.

Varkvleis

Ook varkvleis is wêreldwyd hoog in aanvraag, veral in die VSA en Sjina, en dit lei tot hoë pryse. Ontleders reken dat produksie in die komende maande kan toeneem, wat pryse sal laat daal, maar insetkostedruk kan boere se winsgrense knou.

Pluimvee

Alhoewel die pluimveepryse tussen 17,5% en 26% hoër is as verlede jaar, kan die huidige ekonomiese toestande die vraag verhoed om te groei.

“Al die ekonomiese nuus is nie sleg nie,” sê prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool in sy verslag, Covid-19 en die ekonomie. “Op grond van ’n paar positiewe aannames oor die ekonomiese vooruitsigte, kan Suid-Afrika steeds verwag dat die BBP-groeikoers in 2021 na ongeveer 3% sal herstel. Onder druk van inflasie sal rentekoerse waarskynlik langer laag bly. Ander ligpunte op die Suid-Afrikaanse ekonomiese horison vir 2021 is die goeie prestasie van die landbousektor en sekere kommoditeitsuitvoere, wat albei sal help om groei in 2021 in ’n positiewe landskap te laat inbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se jongste kwartaalbulletin voorspel ook ’n herstel in persoonlike besteebare inkomste en verbruiksbesteding in kwartaal 2 van 2021, wat die ekonomiese oplewing in 2021 kan steun.”

Bronne:
ABSA Agri Trends: Livestock Report
NWU News

The post Vleispryse tel kop op na uitdagende jaar appeared first on ProAgri.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 35

Trending Articles