‘n Nare frustrasie in die boer se lewe is die werklikheid van Murphy se wet wat lui: Maak nie saak wat jy moet doen nie; daar is altyd iets anders wat jy eers moet doen.
Die kalwers sukkel met loopmae, dit is tyd om die hoenders se entstof aan te vul en Wagter se kos is amper gedaan. Dit is gewoonlik ‘n teken dat dit tyd is om jou werk op die plaas te laat staan, die wit perd op te saal en ‘n dag in die dorp deur te bring om van plek tot plek te ry en alles wat nodig is te kry.
Maar daar is goeie nuus! Met Biofarm se vriendelike diens is dorp-toe-gaan iets om na uit te sien. Bespaar jou tyd en diesel en laat Biofarm die rywerk doen – hulle het reeds alles wat jou diere nodig het onder een dak en sodat jy kan boer.
Dit gaan ook nie net oor vervoer nie – Biofarm se mense het reeds al die navorsing gedoen, die produkte bestudeer en met die vervaardigers ooreenkomste aangegaan om die beste produkte teen die beste pryse te kry.

Biofarm se verteenwoordiger in jou streek is ook goed opgelei en het die kundigheid om produkte aan te beveel en ‘n program uit te werk vir jou boerdery se behoeftes.
Peet Steenkamp, direkteur van Biofarm, vertel dat die maatskappy in 1998 in Kroonstad in die Vrystaat gebore is as groothandelverspreider van troeteldierkos en -gesondheidsmiddels.
Oor die afgelope 23 jaar het Biofarm sy vlerke gesprei om die grootste gedeelte van die land te dek met verspreidingspunte en verteenwoordigers in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZoeloe-Natal, Vrystaat en Noord-Kaap, maar aflewerings word ook tot so ver as Namibië gedoen.

Die voorraadlys het uitgebrei tot meer as sesduisend items en die lys van verskaffers lees soos die geelbladsye van dieregesondheid. Biofarm verskaf produkte aan veeartse, veeartswinkels, troeteldierwinkels, koöperasies, ander landbouwinkels, voermeulens en regstreeks aan vark en hoender boere. Boere wat self voer meng, kan veral baat vind by die reeks byprodukte.
Biofarm se vloot van 20 vragmotors draf blitsig deur die streke en die meeste van die 52 personeellede is daar om te sorg dat die regte goed op die regte tyd by die regte plek aankom.
Peet sê: “As ‘n boer môre entstof in sy hoenders se water moet hê, kan hy nie tot volgende week wag nie – hy moet sy voorraad betyds kry. Ons is die skakel tussen vervaardigers en verbruikers en ons doen moeite om seker te maak dat die reeks produkte wat ons aanbied van goeie gehalte is en betyds afgelewer word.”
Diere waarna hulle omsien sluit in alle vee, soos beeste, skape, pluimvee en varke, en mensvriende soos honde, katte, perde en eksotiese voëls.

By Biofarm gaan jy ook meer gespesialiseerde produkte kry, wat nie sommer orals van die rak af beskikbaar is nie, veral vir intensiewe boerdery-eenhede soos vark- en hoenderboerdery.
Peet sê: “Ons sorg nie net vir die batteryhoenders nie, maar ook vir vrylopers en werfhoenders. Wat ons anders maak, is die verhouding en kundigheid wat ons na die mense toe vat wat vir hulle diere sorg. Dit is waar ons slagspreuk vandaan kom: ‘Taking care of people that take care of life.’”
Om uit te vind wie jou naaste verteenwoordiger is, besoek gerus www.biofarmcc.co.za of stuur ‘n e-pos na info@biofarmcc.co.za.
The post Ry minder, boer meer … met Biofarm appeared first on ProAgri.