Staalstreng bestuur en KK Animal Nutrition was die twee troefkaarte in Louis van Rensburg buite Sannieshof se pakkie om die afgelope drie jaar se droogte uit te stof. In die hitte van die stryd kon hy sy Bonsmaras se ruvoer aanvul met gebrekkige kuilvoer van mielies wat nie geskik was vir oes nie, gemaalde mielieblare, en selfs die padreste langs sy plaas, maar KK Animal Nutrition se grondstowwe het gesorg dat sy beeste kondisie behou.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Louis en Grietha van Rensburg word oorval deur ander boere in die distrik oor hoekom hulle so suksesvol met hulle skape boer. “Ons volg net KK Animal Nutrition se resepte getrou, is hulle eenvoudige antwoord”
Louis verstaan voeding en hy het al lankal besef dat hy sy hand op die pols moet hou om te verseker dat sy diere dieselfde resep kry as die een in KK Animal Nutrition se allesomvattende handleiding. Omdat Louis se voetspore gereeld in sy mengkamer te siene is, het hy kans gesien om sy ureum-persentasie stelselmatig te verhoog tot op maksimum vlakke, maar vandag spog hy met beeste in uiters goeie kondisie. “Ek wissel egter die ureum tussen seisoene af volgens behoefte,” sê hy.
KK Animal Nutrition se flink diens en stiptelike aflewerings verseker dat Louis nie aan sy rantsoen van sy Bonsmaras en sy vrou se Vleismerino’s hoef te peuter nie. “’n Dier wat heeljaar dieselfde rantsoen kry, is ’n dier wat presteer,” sê hy. Hy het ook gevind dat as hy ’n bietjie moeite doen om op groot maat te koop en deelvragte te reël, is sy voerrekening aansienlik laer. Stephan Cronjé, KK Animal Nutrition se streeksverteenwoordiger, het vier jaar gelede vir Louis hulle produkgids in die hand gestop en tot vandag toe gebruik Louis die resep waar hy KK Animal Nutrition se Kimtrafos 12 Grandé, swawel en ureum inmeng. “Die mense wil vuisslaan oor my lammers”
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Louis wys hoe hy die resepte uit die menggids op ’n bordjie geskryf het sodat die mengspan dit maklik kan volg.
Grietha, Louis se vrou, het onlangs haar Vleismerinostoet geregistreer. Haar raad oor skaapboerdery word hoog aangeslaan in die Sannieshofboeregemeenskap en boere staan tou om van haar teelmateriaal te koop. Sy is die afgelope drie jaar een van CMW se top-skaapboere in Wes-Transvaal en verdien baie goeie geld omdat haar wol se gehalte so hoog is. “Ek skryf dit toe aan KK Animal Nutrition se briljante produkte,” verklap sy haar geheim.
“My ooitjies is nou ’n jaar oud en my skapies staan twee hande hoër as die gemiddeld. Ons hamels slag 28 kg uit en my dragtigheidspersentasie is tussen 92% en 95%.” Verlede jaar se aanwas het uit 80% tweelinge bestaan terwyl die veld soos ’n tafel gelyk het. Grietha is ook ’n geesdriftige deelnemer aan slaglamkompetisies en haar Vleismerino’s se verstommende groot lammers het die beoordelaars genoop om vir haar ’n superlam-afdeling te skep.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
So lyk ’n slaglam wat met KK Animal Nutrition se grondstowwe grootgemaak is.
“Mense vra ons gereeld hoekom ons diere bo hulle s’n uittroon. As hulle net in KK Animal Nutrition se produkgids gaan rondsnuffel en die raad van hulle verteenwoordigers volg en hulle tyd-beproefde produkte koop, sal hulle net soveel bevrediging soos ons geniet,” sê Louis.
Kontak gerus vir Alina Taute by 082-322-0333 of ataute@kkan.com om jou met raad en daad by te staan.
The post KK Animal Nutrition was my ruggraat deur die droogte appeared first on ProAgri.