Prikwonde aan diere se pote kan uiters pynlik vir die diere wees, tot sekondêre skade lei en produksie benadeel, maar dit kan deur goeie bestuur uitgeskakel word: Hou die plaas so netjies as moontlik en sorg dat daar nie drade, stokke, skerp klippe of oorplaatjiepenne rondom drukgange, voer- en waterkrippe of in weikampe rondlê nie.
Stokke, dorings, drade en ander skerp voorwerpe kan in enige ras se hoewe insteek en skade aanrig.
Diep indringing in die voorste derde van die hoef mag die hoefpedaalbeen aantas, indringing tot in die middelste derde van die hoef is potensieel die ernstigste, aangesien dit die navikulêre of bootvormbeen, navikulêre bursa of slymsak wat die skok absorbeer wanneer die dier loop, die diep digitale buigspiersening en die distale interhoefbeengewrig kan aantas.
Indringing in die agterste derde of palmgedeelte van die hoef sal waarskynlik die digitale kussing betrek.
Ek ondervind dat die meeste penetrasiewonde voorkom op die hakke waar dit baie sag is, veral by beeste met lang kloue wat op hulle kote deurtrap en die meeste gewig op die hakke plaas. Dit gebeur veral in die meer sanderige dele en in melkerye.
Die oplossing is dat die diere se kloue gereeld gesny moet word en die tone so kort as moontlik gehou moet word om die hakke te lig sodat die dier meer op die harde dele van die pote kan loop en minder op die sagter agterste dele. ’n Formalienvoetbadstelsel sal ook help om die pote hard te hou sodat vreemde voorwerpe dit nie so maklik binnedring nie.
Penetrasiewonde gaan gepaard met hakerosie. Dit gebeur veral in ’n voerkraal of melkery wanneer die tone te lank is en die hakke deurgaans in nattigheid en urine staan waar die wande week en sag word sodat skerp voorwerpe dit maklik kan binnedring.
Behandeling
Verwyder die vreemde voorwerp uit die poot en ontsmet dadelik die wond. Spuit daarna elke dag ’n antibiotiese middel op die wond en hou die poot in ’n skoon, droë omgewing totdat dit gesond is. Dit is raadsaam om die dier ’n inspuiting teen klem-in-die-kaak te gee.
Kontak my gerus by 082-568-5034 of per e-pos by info@johanhoewe.co.za.
Clik here to view.

daarin kan steek. Dit word hakerosie genoem.
Clik here to view.

The post Vermy en bestry prikwonde aan pote só appeared first on ProAgri.