Voorsiening van energie
Kalwers benodig energie vir normale liggaamsfunksies soos vertering, asemhaling, hitteproduksie en groei. Die beskikbare energie vir die kalf word regstreeks toegeskryf aan die melk of melkvervanger wat gedurende die eerste drie weke ingeneem word.
Watter energiebron is dus die beste?
Alhoewel melkvervangers slegs 14% tot 20% vet bevat teenoor varsmelk se
30% tot 32%, lewer die laktose-inhoud in melk ook energie.
Die hoeveelheid energie wat deur die vet en laktose in varsmelk, afgeroomde melk en wei-gebaseerde melkvervangers voorsien word is soortgelyk – 72%, dus kan alle opsies waardevolle energie aan die kalf verskaf. Sien figuur 1.
Clik here to view.

Deur meer laktose en minder vet te voorsien, stimuleer melkvervangers gewoonlik ‘n vroeër inname van vaste voer wat vroeë rumenontwikkeling
aanmoedig. Die vetinhoud in varsmelk is hoogs verteerbaar en goedgeformuleerde melkvervangers bevat ‘n kombinasie van
vetbronne wat ontwikkel is om behoorlik deur die kalf verteer te word en
die nodige energie en voedingstowwe verskaf om goeie, gesonde groei te handhaaf.
Die verwerking van vette in melkvervangers, byvoorbeeld deur homogenisering, het ook ‘n beduidende uitwerking op die energie wat aan die kalf gelewer word. Daar is gevalle waar die kalf se energiebehoeftes hoër is, byvoorbeeld wanneer vinniger groei nodig is, of tydens koue, ongunstige weerstoestande wanneer die kalf meer energie benodig om groei te handhaaf.
Clik here to view.

Energie-inname kan op verskeie maniere verbeter word, maar soos getoon in Tabel 1, het die verhoging van die vet-inhoud van die melkvervanger
vanaf 16% na 20% ‘n onbeduidende uitwerking gehad. Die as-inhoud van melkvervangers dra niks by tot die energieverskaffing nie, dus is die ideale as-inhoud soortgelyk aan die 6,5% wat in koeimelk aangetref word.
Besoek www.nutribase.co.za vir meer inligting of kontak Jaco Faasen, produkbestuurder, by (+27) 82-607-6601 of stuur ‘n e-pos na jaco@nutribase.co.za
The post Voldoen só aan pasgebore kalwers se voedingsbehoeftes appeared first on ProAgri.